Saturday, January 24, 2009

Jong Meisie Seisoen




Die boonste fototjie is van ‘Petite de quatorze ans ‘ (Klein danser van 14), ‘n bronsbeeld deur Edgar Degas. Delikaat vang dit vas daardie tussen-stadium in ‘n jong meisie se lewe, daardie
‘nog vis nog vlees’ wees.

My eie meisiekind kom een middag kla by my dat haar een tepel seer is, sy het haarself gestamp teen iets. Ek registreer nie dadelik nie; eers later die aand besef ek : Miskien is dit die bytjies wat gesteek het ! “ Maar dis te vroeg ! “ Skrik ek, “ sy’s nou eers elf !” Gedagtes flits oor al die skrywes oor die hormone in ons kos wat blykbaar puberteit vervroeg . Gryp my Mediese boek en blaai na puberteit. ‘Spot-on’ besef ek.Nie te vroeg en nie te laat. Degas se dansertjie is wel 14, maar sy is merkbaar ouer as my Elf-jarige. Darem het ons dogtertjie haar seisoen in seisoen bereik. Ek raak sommer gerus toe ek dink aan die Woord uit Genesis 8:
So lank as die aarde bly bestaan,
Sal saaityd en oestyd nie ophou nie,
Ook nie koue en hitte, Somer en winter.
Dag en nag nie
.

Die video-clip hieronder is van ons ontluikende jong dame....

Wagtend vir ouboet wie by sy 1ste hoërskoolsokkie is,
Wagtend vir Daddy, om te help ‘n mooi voëltjie in die tuin identifiseer,
Wagtend vir haar katte om hul teen haar aan te vly vir aand ete,
Wagtend op die lewe.

Ek lees vanmore se Woord vir Vandag:
Daar is ‘n direkte verband tussen jou seën en jou lewensdoel. God seen jou nie sodat jy dit kan opgaar of daarmee spog nie… God se gawes is bloot instrumente om jou in ‘n beter posisie te plaas sodat jy sy wil kan doen.
God het ons meisie geseën met allerhande gawes. Baie daarvan is vir haar nog onbekend alhoewel ander dit eien . Sy sal haar lewenspad stap en in die proses hierdie gawes ontdek en ontwikkel.Vir my sê die Woorde uit Ester vir elkeen van ons: 'Wie weet ,Jy is gebore juis met jou gawes vir 'n tyd soos nou?"

My woorde van aanmoediging en gebed vir haar vandag: (Verskoon die Engels maar die AMP Bybel stel dit so pragtig .sien Kolosense 2)

I want you to know how great and severe is Mamma’s inward struggle
I am engaged in for you,
My prayer is that your heart will be comforted , cheered (especially!)
and encouraged as you come to know God more.
That God’s abounding wealth and blessings of assured conviction of understanding may become progressively and more intimately yours.
That you may know more definitely and accurately and thoroughly
that mystic secret of God: Jesus Christ.
And in Him receive treasures of Divine wisdom, Insight into Gods ways
and purposes for your life.
All the riches of knowing Him is stored up and hidden ,
ready to be discovered by you.
Have your roots firm and deeply planted in Him,
being continually build up in Him, becoming increasingly more confirmed
and established in your faith.
In Christ Jesus is the whole fullness of God,
And you are in Him, progressively reaching full spiritual stature,
coming into the fullness of life He has purposed for you
my beautiful daughter !
I love you .
Mamma


2 comments:

Desia said...

Mooi skrywe, mooi kind!

Desia said...

Ek lees noudiedag iewers dat die beeldjie onlangs vir 'n aardige bedrag opgeveil/verkoop is.